Rolbalpret dra by tot stewige donasies

Rolbalpret dra by tot stewige donasies
Anica Nienaber hier in aksie tydens Liebenberg Malan Liezel Horn Ing Prokureurs se liefdadigheidsdag.

LMLH Ing het op 21 September die fondsinsamelingsgeleentheid by Heidelberg Rolbalklub aangebied en het verskeie eiendomsagente, belastingkonsultante en verbandinisieerders  vir die dag genooi om deel te neem.

Ingangsfooi was ‘n sak hondekos en deelnemers moes ‘n donasie aan die DBV, Lesedi Care Centre of Shalom Ministries gee. Lede van die rolbalklub het spanne touwys gemaak oor die reëls van die spel, waarna 44 spelers teen mekaar in goeie gees kompeteer het.

Die spanne het vir goeie spel gesorg met Aïda rooi-span  wat met die louere in eersteplek weggestap het. Die Liebenberg Malan wit- en swart spanne het onderskeidelik tweedeplek en derdeplek verwerf.

Die dag is afgesluit met ‘n prysuitdeling en ‘n braai. Die Property Professionals span het die meeste fondse ingesamel vir liefdadigheid en sodoende die misteria prys gewen. ‘n Hele bakkievrag vol hondekos is na afloop van die dag by die Heidelberg DBV afgelaai.

 

Linél Malan en Arnelda Brits van LMLH Ing het die rolballiefdadigheidsdag by Heidelberg Rolbalklub bygewoon.

 

Liebenberg Malan Liezel Horn Ing Prokureurs het ‘n liefdadigheidsdag by Heidelberg Rolbalklub gehou waartydens hulle fondse ingesamel het vir Heidelberg DBV, Shalom Ministries en Lesedi Care Centre. Leilani Roets, Marinda Rossouw, Hettie Mostert, Tania Pienaar, Leona Oosthuizen en Thea van Dyk het die meeste fondse vir die liefdadigheidsdag ingesamel.

 

JP Janse van Rensburg , Elaine van Zyl, Anelda Bernardo, Sunette van Greuning en Monique Denner het rolbal ten bate van liefdadigheid tydens Liebenberg Malan Liezel Horn Ing prokureurs se liefdadigheidsdag gespeel. Verskeie kollegas van die eiendomsmark is na die funksie genooi en deelnemers het sakke hondekos en donasies vir Heidelberg DBV, Shalom Ministries en Lesedi Care Centre geskenk.

 

 

  AUTHOR
Heidelberg Nigel Heraut

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: