Ouderdom is ‘n gawe van Bo, glo 93-jarige inwoner van Nigel Tuiste vir Bejaardes

Rina Rudman vier op 12 September haar 93ste verjaardag. Sy laat haar egter nie deur ouderdom onderkry nie en klim nog gereeld agter die stuur van haar eie motor in.

Ouderdom is vir Rina Rudman wat haar 93ste verjaardag op 12 September vier, onbelangrik.
Hoewel sy ‘n groot mylpaal bereik het, beskou sy elke lewensdag as ‘n gawe van bo en sê daar is geen geheime resep om te volg nie.

Rina is in 1925 op ‘n plaas tussen Kimberley en Hopetown gebore waar sy tot Standerd 6 (Graad 8) ‘n plaasskool bygewoon het. Sy was die oudste van drie kinders.

Sy het later by Hoërskool Douglas matrikuleer en na skool het sy by die destydse Barclays Bank op die dorp gewerk, vanwaar sy na Port Elizabeth verhuis het.

Sy het haar man Ivan in 1952 ontmoet toe hy by haar ouers loseer het en kort na hul ontmoeting het die liefde tussen hule sterk geblom. Twee jaar later is sy en Ivan in die eg verbind en drie kinders is uit die huwelik gebore. Sy het haar beroep laat vaar om haar kinders te versorg en het haarself bedags met naaldwerk en lees besig gehou.

Gedurende 1980 toe Rina maar 49 jaar oud was, is haar man skielik oorlede en moes sy noodgedwonge op haar eie voete staan. Sy sê egter dat haar man ‘n baie praktiese mens was en dat sy geweldig baie by hom geleer het en dat dit haar vir ‘n alleenpad voorberei het.

“Dit het my in staat gestel om onafhanklik met die lewe voort te gaan, terwyl my oudste kinders op universiteit en my jongste nog op skool was.”

Op die ouderdom van 81 jaar het sy op versoek van haar seun Neville na Nigel verhuis, maar volgens Rina was dit ‘n traumatiese gebeurtenis, aangesien sy vir 61 jaar diep spore in die Port Elizabeth gemeenskap getrap het.

Sy het aanvanklik in ‘n huis in Visagie Park gewoon en ‘n paar jaar gelede haar intrek by Nigel Tuiste vir Bejaardes geneem. Sy geniet die rustigheid van die omgewing waarin sy woon, asook haar bure se geselskap en sien uit na haar kleinkinders en agterkleinkinders se gereelde besoeke.
Wanneer sy haar nie met die lees van ‘n boek of naaldwerk besig hou nie, klim sy graag agter die stuur van haar motor en ry ‘n draai deur die dorp.

“Ondanks die gewone oumenskwale, is my gesondheid regtig goed en ek het niks om oor te kla nie,” het sy teenoor HERAUT gespog.

Haar jongste seun het jare gelede na Australië immigreer en Rina bieg dat sy soms erg na hom verlang.

 

Volg ons:

         

Facebook      Twitter

  AUTHOR
Heidelberg Nigel Heraut

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: