Jeugrugby skop seisoen op hoë noot af

Hierdie buksies is Suikerbosrand Jeug Rugbyklub se o/6 Mustangsspan wat Kempton Park met ‘n telling van 2-1 en Springs met ‘n telling van 5-4 gewen het.

Die uitslae is as volg: SJR o/6 Mustangs wen Kempton Park 2-1. Hulle klop ook Springs met ‘n telling van 5-4 en verloor teen Brakpan met ‘n telling van 7-0.
SJR se o/7 Thunders wen Kempton Park met ‘n telling van 4-1 en wen ook Elsburg met ‘n telling van 6-1.

 
Hoewel SJR se o/8 Broncos nie hul wedstryd teen Benoni 1 kon wen nie, het hulle beter gevaar teen Benoni 3 en hulle met ‘n telling van 15-0 geklop.
Die SJR o/9 Raptors het ook die knie teen Brakpan gebuig en die wedstryd met ‘n telling van 32-5 verloor.

 
Brakpan het die spel in die o/10 en o/11 ouderdomsgroepe gedomineer en SJR se o/10 Arrows met ‘n telling van 29-10 en die o/11 Rockets met ‘n telling van 80-0 huiswaarts gestuur.
SJR se o/12 Bulldogs het ook klei getrap in hul wedstryd teen Vereeniging en het met ‘n telling van 80-0 verloor.

 
Brakpan kon egter geen punte teen SJR se o/13 Bullets aanteken nie en die tuisspan het die wedstryd met ‘n telling van 49-0 gewen.
SJR se o/14 Titals het in ‘n naelbyt wedstryd met twee punte verloor. Die eindtelling was 27-25 in Dragons se guns.

 
SJR het tans 175 geregistreerde junior spelers en belangstellendes wat wil inskryf kan Phillip van der Linde by 082 313 1229 skakel.

 

Suikerbosrand Jeug Rugbyklub se o/13 Bullets het Brakpan met ‘n telling van 49-0 gewen.

 

Suikerbosrand Jeug Rugbyklub se o/7 Thunders het Kempton Park met ‘n telling van 4-1 en Elsburg met ‘n telling van 6-1 geklop.

 

Volg ons op:

Facebook

Twitter

  AUTHOR
Heidelberg Nigel Heraut

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: