Geen klagtes vir 96-jarige Miemie

Miemie is op 31 Julie 1922 op die plaas Zoetfontein in die Warden distrik gebore waarna sy as jongste van sewe kinders in Reitz grootgeword het. Na voltooiing van haar hoërskoolloopbaan het sy haar man Frikkie ontmoet en hulle het tot en met sy afsterwe talle besighede in die dorp bedryf.

 

Slegs een seun, Wynand, is uit hul huwelik gebore. Na die afsterwe van haar man het sy na Vereeniging verhuis en het ‘n paar jaar gelede haar intrek by Heidelberg Vereniging vir Bejaardes geneem. Bedags hou sy haarself met blokraaie en die lees van kortverhale en boeke besig, maar sê as jong meisie was sy aktief by sport soos netbal en tennis betrokke.

 
Sy woon die weeklikse biduur by Suikerbosoord Dienssentrum by en sê sy geniet die rustigheid van Heidelberg en die omgewing waarin sy haar bevind. Wynand en haar ses kleinkinders is gereelde besoekers en haar gesig helder op wanneer sy oor hul besoeke gesels.

 

“Die Here was nog altyd goed vir my. Ek ly aan geen noemenswaardige kwale nie en beweeg gemaklik met die hulp van my loopraam rond. Daar is niks waaroor ek kan kla nie,” het sy teenoor HERAUT gespog.

 

Volg ons op:

Facebook

Twitter

 

Lees ook: https://heidelbergnigelheraut.co.za/32843/92ste-verjaardag-n-wonderwerk/

 

 

  AUTHOR
Heidelberg Nigel Heraut

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: