Heidelberg gaan Liezel Strauss mis

Liezel Strauss

So sal Heidelberg vir Liezel Strauss (40) onthou – die pragtige jong vrou met die mooiste oë waarin haar lewenslustigheid geskitter het.

 

Skokgolwe het verlede Vrydagoggend  deur Heidelberg geruk toe die gemeenskap van Liezel se skielike afsterwe te hore gekom het. Erge hoofpyne het haar die laaste week geteister en sy is in haar slaap in die vroeë oggendure van 8 Junie oorlede.

 

Liezel het haar skoolloopbaan by Laer Volkskool begin en aan Hoër Volkskool voltooi, waar sy in veral sport uitgeblink het. Sy het goed presteer in atletiek, maar dit was veral in hokkie waar hierdie kranige speler haar stempel  afgedruk het. Sy was skaars 16 toe sy in haar laaste drie skooljare ook as kaptein van Volkies se hokkie eerstespan verkies is.

 

Liezel se talente op die hokkieveld is vroeg deur Oos-Transvaal se keurders raakgesien en het sy hier as o/16-speler ook vir Oos-Transvaal se o/18- en later hul o/21-span gespeel.
Ná skool het Liezel in Potchefstroom met studies begin, waarna sy ook vir ‘n tydperk na Londen was. Sy het met haar terugkeer by Santam in Benoni sowel as Bloemfontein gewerk.
Dit is egter sedert 1996 dat sy ‘n bekende gesig in Heidelberg geword het nadat sy voltyds by haar ouers se familiebesigheid Suikerbosrand Makelaars aangesluit het. Saam was die drie ‘n wenspan en het sy vinnig met haar ouers se leiding as ‘n gedugte makelaar uitgestyg.

 

Haar grootste liefde was die buitelewe en natuur en dit was vir haar en pa Johann ‘n spesiale oomblik toe sy haar eerste bok met ‘n kolskoot platgetrek het. Sy kon basies enige voël sommer so in die lug identifiseer, wat talle se asem behoorlik weggeslaan het.

 

Haar passie vir die natuur het  gesorg dat sy lid van Heidelberg Jagtersvereniging was en haar gesindheid vir gesonde besigheid het haar ook by Heidelberg Besigheidskamer laat betrokke raak. Sy het ook op die kamer se bestuur gedien en waardevolle insette gelewer.

 

Liezel sou op 19 Junie vir ‘n welverdiende vakansie na Londen vertrek het – ‘n wegbreek waaroor sy baie opgewonde was.

 

“God het egter ander planne vir my wonderkind gehad en sy is nou veilig by Hom”, het ‘n emosionele Annetjie gesê.

 

Die leemte wat Liezel in almal wat haar geken het se lewens laat, is groot. Die goeie herinneringe wat sy agtergelaat het, sal help om die leemte te vul. Sy laat haar ouers Johann en Annetjie asook haar twee broers Karl en Jaco agter.

 

Die roudiens vir Liezel vind eerskomende Vrydag (15 Junie) om 11:00 vanuit die NG Gemeente Suikerbosrand (in Uniestraat Heidelberg) plaas.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

  AUTHOR
Heidelberg Nigel Heraut

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: