Kranslegging vir gestorwenes van Tweede Vryheidsoorlog

Hier is Freddie Peters en John Moodey (Gauteng DA leier) in gesprek tydens die kranslegging by die Midvaal Blokhuis op 31 Mei

‘n Kranslegging om hulde te bring aan burgers wat op die slagveld tydens die Tweede Vryheidsoorlog gesneuwel het, het op 31 Mei by die Midvaal Blokhuis en Vredesmonument in Vereeniging plaasvind.
Gedurende die oorlog (ook bekend as die Suid-Afrikaanse oorlog oftewel die Anglo-Boereoorlog) het twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ou Transvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, wapens opgeneem teen die Britse Ryk, spesifiek die Kaapse en Natalse kolonies van Groot Brittanje.

 
Oor die tydperk van 1899 tot 1902, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om ‘n “boererebellie” in die kiem te smoor.
Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal deur die “verskroeide-aarde beleid” wat deur die Britse generaals toegepas is, vernietig. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vroue en kinders aangevoer.

 
Ongeveer 5 000 boere het gedurende die oorlog gesneuwel en ten minste 20 000 boere en 12 000 Afrikane het hul lewens in konsentrasiekampe verloor, meesal kinders onder 16 jaar – hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding, ‘n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling.

 

Hier is Dennis Ryder (parlementslid en DA kiesafdelingvoorsitter in Midvaal), Bongani Baloyi (Midvaal Burgemeester), John Moodey en Freddie Peters (Midvaal speaker en verteenwoordiger van die Klipriviervallei Kultuurraad) tydens die kranslegging by die Vredesmonument in Vereeniging

 

 

  AUTHOR
Heidelberg Nigel Heraut

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: