Kuier eindig in tragedie

Two suspects nabbed after shooting and robbing Ratanda business owner.

Vyf verdagtes is Dinsdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem ná ʼn skietvoorval aan die Oos-Rand wat tot die dood van drie vriende gelei het. Nog twee vriende is in dieselfde
voorval gewond. Sers. Lerato Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het gesê die skietvoorval het Vrydagaand omstreeks 23:30 by ʼn huis in Caldoniastraat in Geluksdal (Tsakane) plaasgevind.

 

“ʼn Groep vriende het buite die huis gesit en kuier toe ʼn onbekende voertuig daar
stilgehou en die insittendes op hulle losgebrand het. Die voertuig het daarna van
die toneel weggejaag,” het Mngomezulu gesê.

 

“Vyf mans is geskiet. Twee is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Die ander drie is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar een van die mans aan sy beserings beswyk het.”
Die Tsakane-polisie het ʼn volskaalse soektog na die skieters van stapel gestuur. Die vyf verdagtes, onderskeidelik 20, 22, 32, 34 en 36 jaar oud, is Dinsdag om 01:00 deur die provinsiale ondersoekeenheid in hegtenis geneem. Hulle moet binnekort in die plaaslike landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.

 

Die motief vir die aanval word nog ondersoek. Kol. Johannes Maass, stasiebevelvoerder van die Tsakane-polisie, het die sukses toegeskryf aan die goeie samewerking tussen die beamptes van die stasie en die ondersoekeenheid. Hy het ook die gemeenskap bedank wat altyd bereid is om oortreders aan die pen te laat ry.

  AUTHOR
Heidelberg Nigel Heraut

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: