Verslaggewer vertel van hartseer kapingstoneel

Deur Lydia Rice

Ek staan op die noodtoneel, eenkant sodat ek nie in die paramedici se pad is nie. Net soos soveel ander kere staan ek en kyk hoe Elzona Meyer (bekend as Medic 1) en haar span (mediese vrywilligers en Emer-G-Med) verbete aan die pasiënt in die ambulans werk.

Wanneer Elzona besig is om ‘n pasiënt se lewe te probeer red, konsentreer sy intens en niks en niemand moet haar aandag aftrek nie. Jy kan sien dat dit vir haar ‘n roeping is en dat sy alles sal doen om die pasiënt se lewe te red.

Ek het gehoor ‘n jong vrou is tydens ‘n kaping geskiet, maar met my aankoms is ek nie bewus van haar identiteit nie. Terwyl ek foto’s van die toneel neem (ek probeer altyd die medics uitbeeld waar hulle verbete veg om ‘n lewe te red sonder om die pasiënt bloot te stel) kom daar ‘n onbeskryflike hartseer oor my. Ek verstaan dit nie, maar ek wil net huil.

Van die mediese vrywilligers skarrel om die ambulans en waarsku omstanders dat die helikopter op pad is. Ek hoor hulle praat daarvan dat die pasiënt een van hul eie is. Min het ek toe besef dat jy, Elzona, besig is om vir jou eie kind se lewe te veg. Jy was op die oog af steeds die sterk paramedikus wat alles in haar vermoë doen om die lewe voor jou te red.

Dan die skokbesef dat dit sonskynkind Abé is! Nou kan ek nie meer die trane terughou nie! My moederhart gaan uit na Elzona. Dit moet verskriklik wees om jou liefste meisiekind so te sien. Jy is paramedikus, jy moet metodies aangaan met jou werk, maar jy is ook moeder….

Liefste Abé wie ek nie baie goed geken het nie. Tog het sy altyd tyd ingeruim om met my ‘n geselsie op ‘n toneel aan te knoop. “Hallo tannie, hoe gaan dit. Kom tannie, kom ek loop saam dan wys ek vir tannie waar die brand ontstaan het,” het sy vir my eenkeer op ‘n brandtoneel gesê voor sy my die gebou ingelei het.

Op vele ander tonele het Abé-kind net kom gesels. Sy was nooit te besig om te vra hoe dit gaan en seker te maak ek is geholpe nie.

Elzona, die hele dorp huil saam met jou. Ek wens ek kon jou vasdruk en jou pyn wegvat, maar ek voel magteloos. Soos een van die talle Heidelbergers op FaceBook gesê het ” Elzona, jy is altyd daar vir die gemeenskap, laat nou die gemeenskap toe om daar vir jou te wees”.

Ons salueer jou Medic 1, ons salueer jou Abé-kind. Heidelberg is lief vir jou Elzona. Heidelberg is lief vir jou Abé Meyer – ons sal jou nie vergeet nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

Lees die volledige verhaal van wat met Abé gebeur het hier

  AUTHOR
Lydia Rice
Journalist - Heidelberg

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: