Luan Kotzee se gedenkdiens word Dinsdag gehou

Die drie kinders en man wat verlede week in ‘n gru-ongeluk buite Heidelberg gesterf het, se gedenkdienste is bekendgemaak.

 

Luan Kotzee (16) van Hoër Volkskool se gedenkdiens word Dinsdag (16 Januarie) vanuit die Heidelberg NG Moedergemeente (Klipkerk) gehou.

 

Luan, sy ma Lunelle se verloofde Danie Breytenbach (33) en sy twee kinders Duncan (8) en Melicha (5) is dood toe die bakkie waarin hulle op 3 Januarie gereis het, op die N3 naby Villiers gerol het. Die vyfstuks was op pad terug van hul seevakansie in Balito toe ‘n Toyota Yaris (wat voor hulle gery het) se band gebars en die voertuig hul bakkie getref het.

Lunelle was die enigste oorlewende en is met ernstige beserings in die Life Suikerbosrand Hospitaal opgeneem. Sy het gister (Donderdag 11 Januarie) uit die intensiewesorg eenheid gekom en volgens haar familie is sy hard geruk deur die terugslag wat die verlies van haar geliefdes meegebring het. Sy sal toegelaat word om Dinsdag die hospitaal vir ‘n kort rukkie te verlaat om Luan se gedenkdiens by te woon.

Luan was die enigste kind uit die vorige huwelik van Lunelle en Deon Kotzee.

Breytenbach was voorheen van Alberton en het sowat drie jaar gelede met sy kinders na Heidelberg verhuis. Die kinders was steeds op skool in Alberton.

Die gedenkdiens vir Breytenbach en sy kinders word vir Vrydag (19 Januarie) om 11:00 ook by die Klipkerk beplan.

 

  AUTHOR
Lydia Rice
Journalist - Heidelberg

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: