Dodelike uitbraak van Listeriose in Gauteng eis meer lewens

62% Van die gevalle is in Gauteng aangeken. Aaron Motsoaledi (minister van gesondheid) het dié getalle op 8 Januarie tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria bevestig. “Sedert 5 Desember is 170 bykomende gevalle van Listeriose aangemeld,” het hy gesê.

Die Departement van Gesondheid het gedurende 2017 aangekondig dat daar ’n uitbraak van listeriose in Suid-Afrika is. Die siekte word deur besmette voedsel veroorsaak en die Departement van Gesondheid glo hierdie spesifieke uitbraak is waarskynlik ’n gevolg van die besmetting van kos van plase of kosverwerkingsaanlegte, maar die bron word nog ondersoek.

Die Gautengse department van Gesondheid het ‘n slagpale in Pretoria gesluit na vleismonsters van dié slagpale positief getoets het vir die Listeriose bakterie. Die slagpale mag nie enige produkte verkoop tot hulle aan die vereistes van die departement voldoen nie. Dit sluit in dat die bron van die organisme bepaal word, ontsmetting van die perseel plaasvind en monsters van die werksoppervlaktes en water voor en na ontsmetting gedoen word.

Wat is Listeriose?

Listeriose is ‘n ernstige en potensieël dodelike infeksie wat deur die Listeria bakterie veroorsaak word. Hierdie bakterie word veral gevind in grond en besmette water, pluimvee en kudde diere en kan dus daarom in ongepasteuriseerde melk en vleisprodukte voorkom. Dit kan ook deur rou groente en vrugte wat besmet is versprei word.
Die infeksie het tipies gastro-intestinale klagtes soos naarheid, braking, diarree, buikpyn. Dit kan ook “griep-agtige” simptome soos lyfseer en koors veroorsaak.

Simptome kan vinnig ontstaan – binne 9 tot 48 uur na infeksie, maar dit kan selfs tot 30 dae neem voor simptome verskyn. Tipies is die volgende teenwoordig: koors, diarree, naarheid en braking, buikongemak,erge lyfseer. Kyk ook uit vir nekstyfheid en verwarring. Baie mense kan selfs die simptome met lugweginfeksie simptome verwar.

 

Kan dit behandel word?
In die meeste gevalle is die toestand self-beperkend en is slegs ondersteunende behandeling nodig. Genoegsame vloeistofinname, en kosse soos brood, rys, piesang en appels kan die diarree onder beheer hou. Behandeling sal deur jou dokter begin word indien dit nodig is. In meer ernstige gevalle, swanger vroue, ouer mense en kinders asook mense wat moontlik komplikasies van die infeksie het, word antibiotika gebruik om die infeksie te behandel. Onthou, as jy simptome ervaar is dit belangrik dat jou dokter jou ondersoek.

 

Hoekom is dit gevaarlik?
Listeria infeksie kan ernstige nagevolge soos breinvliesontsteking, hartspierinfeksie, septisemie (ernstige bloedstroom infeksie) hê. In swanger vroue kan dit voortydse kraam en selfs miskrame veroorsaak. Met erge diarree kan ontwatering volg. Veral kinders ontwater vinnnig. Dit is daarom belangrik om notisie te neem van simptome en vroegtydig daarna te laat kyk.

Is daar iets wat mens kan doen om dit te voorkom?
Goeie higiëne is altyd die beste begin punt- veral handwas. Kook alle voedsels deeglik, en was alle groente en vrugte behoorlik af voor jy dit eet. Gebruik gepasteuriseerde produkte. Hou gaar en rou vleise in verskillende houers en maak seker voedsel en water kom van betroubare bronne.

Dit is belangrik om vroegtydig op te tree as jy moontlike infeksie vermoed. Hou veral kinders dop. As jy twyfel, besoek jou dokter of naaste hospitaal. Dit is ook belangrik om te onthou dat, al het jy baie van of al die simptome, dit nie noodwendig Listeriose is nie! Daarom is dit belangrik om jou dokter te besoek as jy siek voel.

Hierdie inligting is slegs vir opvoedkundige doeleindes en moet glad nie gebruik word om self-diagnose te maak nie.

Besoek jou dokter vir diagnose en raad.

  AUTHOR
Magda Maritz
Journalist - Nigel

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: