Nog ‘n waterpyp bars in Heidelberg middedorp

Nog ‘n waterpyp het vanoggend in Heidelberg se middedorp in Merzstraat (tussen Voortrekker- en Ueckermannstraat) gebars met duisende liter water wat in die straat afgeloop het.

Die probleem is ongeveer 06:30 opgemerk, waarna Mirna Mulder (DA raadslid) genader is om te help. Sy het Lesedi Plaaslike Munisipaliteit in kennis gestel wat net ná 07:30 aandag aan die probleem geskenk het. HERAUT kon duidelik die geroeste oop gat in die pyp sien (kyk na die video hier onder).

 

  AUTHOR
Lydia Rice
Journalist - Heidelberg

Latest News

COMMENTS

Top