NUUSFLITS: Man se lyk in Heidelberg se middedorp gevind

Die lyk van ‘n man is vanoggend reg langs ‘n motorhandelaar in Schoemanstraat se gebou gevind. Volgens Heidelberg SAPD lyk dit of die liggaam al meer as drie dae daar gelê het.

Die lyk is op ‘n oop erf op die besige hoek van Schoeman- en Meyerstraat gevind.

* NUUTSTE INLIGTING: Die polisie het bevestig dat dit die liggaam van ‘n 54-jarige wit man is wat gevind is. Sy identiteit kan nog nie bekendgemaak word voor sy naasbestaandes opgespoor is nie. In hierdie stadium word geen misdaad vermoed nie.

 

  AUTHOR
Lydia Rice
Journalist - Heidelberg

Latest News

COMMENTS

Top