Lesufi moet ophou om sy eie politieke agenda op skole af te dwing

Lesufi het weer na die apartheidskaart gegryp en inwoners van die provinsie gedreig dat sy geduld nie getoets moet word nie.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie op Lesufi se tirade gesê dat Lesufi moet ophou om sy eie politieke agenda op skole af te dwing en hom eerder te bepaal by wat sy werklike doel as LUR van onderwys in Gauteng is.

“Onderwyskundiges wêreldwyd is dit eens dat moedertaalonderrig bevorderlik tot beter prestasie op skoolvlak is. Die hoë uitvalsyfer en swak prestasie van leerders in Suid-Afrika is juis as gevolg van aan ʼn tekort van moedertaalonderrig.

“Die LUR se taak is om toesig te hou oor skole, te sorg dat onderwys in die provinsie glad verloop en dat die departement se verpligtinge uitgevoer word.

“Wat Lesufi egter doen is om skole en ouers te dwing om sy agenda te volg in plaas van om sy werk as LUR te doen.

“Lesufi moet verstaan dat elke taalgroep in hierdie land die grondwetlike reg het om in sy eie moedertaal onderrig te ontvang en dat enige druk vanaf ‘n LUR se kant af om dit in die wiele te ry, ʼn erge skending van hierdie grondwetlike reg is.

“Hy moet eerder aandag gee aan skole in sy provinsie wat glad nie funksioneer nie en die gevolg is van die ANC-regering wat bitter min skole sedert 1994 opgerig het,” sê Van Staden.

 

UITGEREIK DEUR : Philip van Staden

HOEDANIGHEID : VF Plus-LPW: Gautengse wetgewer

DATUM : 13 November 2017

  AUTHOR
Heidelberg Nigel Heraut

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: