Jordaanpark gesin in oprit deur gewapende rowers oorval

Gewapende mans het vanoggend voor 07:00 ‘n gesin in Blesbokstraat, Jordaanpark in hul oprit oorval. Die gesin, waaronder ‘n matriekmeisie op pad eksamenlokaal toe, was besig om uit hul motorhuis te ry toe hul uitgang deur ‘n grys Lexus versper is.

Hulle is terug in die huis gedwing en van waardevolle items beroof, waarna die kriminele op die vlug geslaan het. Paramedici het die getraumatiseerde gesin op die toneel behandel.

  • Gewapende rowers het ook gister omstreeks 09:30 Jet Store in die Shoprite Sentrum in Voortrekkerstraat beroof. Polisie ondersoek die voorvalle.
  AUTHOR
Lydia Rice
Journalist - Heidelberg

Latest News

COMMENTS

Top