Voertuig in Heidelberg rivier laat visse se oë rek

‘n 70-Jarige dame van Shalimar Ridge se Toyota Tazz het vanoggend in die Blesbokspruit beland en dit het ure geneem voor dit deur ‘n insleepdiens uitgehaal is.

Lalita Jogee het pas uit haar motorhuis in Sagerstraat gery toe sy iets in die huis vergeet het. Toe sy terugkeer, was haar voertuig met handsak en al weg. Die gedeelte waar die voertuig in die rivier beland het is redelik diep en net die rooi skynsel van die dak kon in die middel van die rivier gesien word.

 

  AUTHOR
Lydia Rice
Journalist - Heidelberg

Latest News

COMMENTS

Top