Heidelberg: Wees bedag op misdadigers

Hier volg misdaadbrokkies oor die afgelope naweek:

 

SEKTOR 1

Gebiede sluit in: Overkruin, Leërgimnasium, Heidelberg Kloof, Bergsig, Spaarwater, Rooikraal, Eendracht, Blinkpoort, Groenfontein, Poortje, Suikerbosrand Natuurreservaat, Koppieskraal en Klippoortje.

Patrollievoertuig: 071 675 7396. Bevelvoerder: Sersant Vusumuzi Zondo.

‘n Ford Ranger ter waarde van R400 000 is op 27 Oktober om 07:30 op die N3 buite Heidelberg gekaap. Die bestuurder beweer dat ‘n wit bakkie van agter gery het en sy ligte geflits het. Hy het gedink dit is polisie en het afgetrek. Drie gewapende mans het hom uit sy voertuig gedwing en weggejaag.

Inbrekers het by ‘n Wendy huis in Asterstraat, Bergsig op 26 Oktober gedurende die nag ingebreek en verskeie masjienerie gesteel. Hulle het die slot van die deur oopgebreek om toegang te verkry.

Inbrekers het op 27 Oktober gedurende die dag by ‘n huis in Tulpelaan, Bergsig ingebreek en twee TVs, DVD-speler en ‘n ketel gesteel. Die diewe het die voordeur en sekuriteitshek oopgebreek terwyl die eienaars uitstedig was.

 

SEKTOR 2

Gebiede sluit in: Heidelberg Sentraal, Jordaanpark, Shalimar Ridge, Boschfontein, Schikfontein, Klipstapel en Mount Arabel.

Patrollievoertuig: 071 675 7295 of 071 675 7292. Bevelvoerder: A/O Wollie Wolmarans.

‘n Man is op 27 Oktober omstreeks 13:00 vir winkeldiefstal by Pick n Pay in die Victorian Sentrum aangekeer nadat sekuriteitspersoneel kaas ter waarde van R49.99 in sy sak gevind het.

Inbrekers het op dieselfde dag om 13:30 by ‘n huis in Viljoenstraat ingebreek en elektroniese toerusting gesteel. Die diewe het ‘n kombuisvenster gebreek, waarna die deur oopforseer is.

 

SEKTOR 3

Gebiede sluit in: Rensburg, Houtpoort, Lagerspoort, Steynskraal, De Hoek, Modderfontein en Bothaskraal.

Patrollievoertuig: 071 675 7296 of 071 675 7294. Bevelvoerder: A/O Frank Mnqosini.

Inbrekers het op 26 Oktober gedurende die nag by ‘n huis in Vredestraat, Rensburg ingebreek terwyl die eienaar geslaap het. Hulle het ‘n venster oopforseer en ‘n skootrekenaar en rekenaar gesteel.

Diewe het op 27 Oktober gedurende die nag elektriese kabel en ‘n boorgatpomp ter waarde van R10 000 op ‘n Houtpoort plaas in Lagerspoort gesteel.

  AUTHOR
l

Latest News

COMMENTS

Top