Inwoners raadop met borrelende rioolwater

Ferdi Thysse, inwoner van Eeufeeslaan Nigel, stoot rou rioolwater elke vyf tot ses maande uit die ondergrondse rioolnetwerk by sy erf uit

Menslike ontlasting is duidelik sigbaar in die rioolwater en die sterk teenwoordigheid van alge daarin dui op ‘n ondergrondse verstopping.

Volgens Margie Coetsee wat die afgelope 30 jaar in Eeufeeslaan woon, lê die probleem by die infrastruktuur.

“Dit is nie ‘n geval dat ons klagtes by die munisipaliteit op dowe ore val nie. Sodra ons dit rapporteer, daag ‘n span werkers op en verwyder die blokkasie in die rioollyn. Die probleem is duidelik die rioolpyp self wat te klein is om die volume rioolwater te hanteer,” het sy gesê.

Selfs erdwurms in die eens vrugbare grond in Ferdi Thysse se erf, vrek op strepe.

Sy het ook verduidelik dat die rioolnetwerk jare gelede gebou is om slegs ‘n beperkte hoeveelheid rioolwater te hanteer.

Intussen het die infrastruktuur uitgebrei, sonder dat die rioolnetwerk aangepas is.

HERAUT wag nog op kommentaar vanaf Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit.

 

  AUTHOR
Magda Maritz
Journalist - Nigel

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: