Motorfietsryer sterf in ongeluk by Bergsig

mark pretorius (web)

Mark Pretorius (24), ‘n oud-Volkie het gisteroggend net na 01:00 gesterf toe hy skynbaar beheer oor sy motorfiets verloor het.

 

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (woordvoerder) van Heidelberg polisie het Mark van Nigel se rigting gery toe die ongeluk naby Bergsig se ingang gebeur het. Dit blyk dat die motorfiets die middelman getref het en Mark toe beheer daaroor verloor het. Hy is op slag dood.

 

Mark word Woensdag 2 Maart om 13:00 uit die Grace gemeente, Republiekstraat 65 in Nigel begrawe.

 

 

  AUTHOR
Lydia Rice
Journalist - Heidelberg

Latest News

COMMENTS

Top