Laerskoolkinders beseer in ongeluk net buite Bergsig

Vyf kinders is beseer en die bestuurder van ‘n Toyota Conquest is in ‘n kritieke toestand na Natalspruit Hospitaal vervoer nadat dié voertuig met ‘n bussie van ‘n kinderhuis in Jameson Park om 07:30 gebots het.

Die ongeluk het naby Bergsig gebeur. Lede van die publiek wat eerste op die toneel was, het ingespring en die beseerde en huilende kinders bygestaan.

Kundiges het dadelik noodhulp toegepas tot paramedici op die toneel opgedaag het.

 

Die 12 kinders is van die Madressa Baitul Banaat kinderhuis en was oppad na Shalimar Ridge Primary School. Die vyf beseerdes is na Heidelberg Hospitaal vervoer. Die hoof en onderhoof van die skool het hulle na die toneel gehaas om die kinders by te staan.

Die bestuurder is van Heidelberg en is in Nigel werksaam. Hy het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ‘n kritieke toestand na Natalspruit Hospitaal vervoer.

** HERAUT het pas verneem dat die bestuurder van die Conquest, Pieter Jansen van Vuuren (21) ‘n paar minute gelede oorlede is.

Pieter se begrafnis is Saterdag (27 Februarie) om 13:00 by AGS Kairos Kerk in Voortrekkerstraat. Hy word oorleef deur sy pa Peet, ma Hester Meintjes en stiefpa Bertus, drie susters, sy vriendin Nikita en hul babadogtertjie Natalie (3 maande).

Vier van die vyf kinders is reeds uit die hospitaal ontslaan.

 

 

 

 

  AUTHOR
Lydia Rice
Journalist - Heidelberg

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Heidelberg Nigel Heraut


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other